Thursday, January 30, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 3 tot 8 Februarie 2014


Deurdink die tema “Die Godstad: perfekte ewige blyplek” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       Die stad se lengte, breedte en hoogte is dieselfde – sien die kubus-vorm.

2.       Salomo se tempel se allerheiligste: “Die binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog.” (1 Konings 6:20)

3.       Getal 12 000 = 12 verwys na die 12 stamme van Israel = die volk van God + die veelvoud van 10 wys op die volkomendheid daarvan.

4.       Die dik muur wys simbolies na die beskerming vir die inwoners, veral om die bose uit te hou.

5.       Jesus-mense het genoeg veilige blyplek vir altyd.

6.       Gebed: Perfekte Bouer, dankie vir die volmaakte huis wat ek vir U is.

Wednesday, January 22, 2014

Week 27 Januarie tot 1 Februarie 2014

Deo-Diep-Dink:

Deurdink die tema “Die Godstad: gebou met aantrekkingskrag” aan die hand van die volgende gedagtes:

1. Die baie poorte van die Godstad is nóú oop in alle windrigtings vir enige een om in te kom.

2. Die bouwerk aan die Godstad: “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” (Galasiërs 5:25)

3. Jy is baie aantreklik vir God omdat Hy jou deur sy Gees herbou volgens sy beeld.

4. Wat ons kan verwag: “... sal die Gees julle op ‘n splinternuwe manier laat leef.” (Romeine 8:10, Die Boodskap)

5. Wat sou jy graag wil hê dat die Gees in jou lewe moet verander?

6. Gebed: Herbouer in my lewe, dankie vir U puik Gees-werk in my!

Sunday, January 19, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 20-25 Januarie 2014

Deurdink daagliks of soos jy graag wil, die volgende gedagtes met die oog op die tema: Die Godstad: versier vir Jesus:

  1. Die bruid is al die Jesus-mense, dus almal wat aan die kerk van Jesus Christus behoort.
  2. “Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.” (Openbaring 21:2b) 
  3. “God het haar vergun ... fyn klere (wat) die regverdige dade van die gelowiges is.” (Openbaring 19:8)
  4. “... ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” (Openbaring 21:9b)
  5. “Soos ‘n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.” (Jesaja 62:5b)
  6. Gebed: Inwonende Gees, trek my asseblief aan om mooi te lyk vir U.