Wednesday, March 12, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 16 tot 22 Maart 2014


Deurdink die tema “Die Godstad: inwoners gemerk vir altyd ” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       “Hulle sal Hom sien ...” (Openbaring 22:4a)

2.       “... sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.” (Openbaring 22:4b)

3.       “Elkeen wat die oorwinning behaal ... Ek sal my eie nuwe Naam op hom skrywe.” (Openbaring 3:12)

4.       Jy is gemerk in jou ewige tuiste.

5.       Ons as gemerktes herken mekaar en hoort bymekaar.

6.       Gebed:                 Dankie Volmaakte in my dat U my vervolmaak!

Wednesday, March 5, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 9 tot 15 Maart 2014


Deurdink die tema “Die Godstad: waar Hy alles gee en oor alles tevrede is ” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       “... die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte ...” (Openbaring 22:2)

2.       Watter vrugte (of dan kos as jy nie van vrugte hou nie) sal jy die hele jaar wil eet?

3.       Wat is jou grootste honger of siekte in jou geestelike lewe?

4.       “Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.” (Openbaring 22:2)

5.       “Daar sal nie ‘n enkele ding oorbly waarmee God ontevrede is nie.” (Die Boodskap)

6.       Gebed:                 Oorvloed-Gewer, so opreg waardering dat U tevrede is met my!

Wednesday, February 26, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 2 tot 8 Maart 2014

Deurdink die tema “Die Godstad: gratis oorvloed lewe ” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       “... water van die lewe ...” (Openbaring 22:1)

2.       “... elkeen wat dors het ... moet dit kom kry, verniet!” (Openbaring 22:17)

3.       “Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ... na die Gees verwys.” (Johannes 7:38-39)

4.       “... dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit.” (Openbaring 22:1)

5.       Dit is die maklikste en allerbeste om ‘n inwoner van die Godstad te wees!

6.       Gebed:                                 1000 dankies, Oorvloed-gewer, vir die verniet-lewe!

Wednesday, February 12, 2014

Week 16 tot 22 Februarie 2014


Deurdink die tema “Die Godstad: gevul met dié Lig en dié Skat ” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       Die stad se “... tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.” (Openbaring 21:22)

2.       ‘n Beskrywing vir “heerlikheid” is goddelike grootheid.

3.       God se volmaakte teenwoordigheid vul die hele stad.

4.       Geen kragonderbrekings nie want dit is nooit nag in die stad nie.

5.       Oorlog buite die stad maak plek vir aanbidding binne die stad.

6.       Gebed: Enigste Lig in my lewe, dankie dat gereinigde ek U in alles kan aanbid.

Wednesday, February 5, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 10 tot 15 Februarie 2014


Deurdink die tema “Die Godstad: suiwer, mooi en stewig” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       “... die woonplek van God is nou by die mense ...” (Openbaring 21:3)

2.       Die bloed van die Lam suiwer en reinig elke inwoner van die Godstad.

3.       Die mooi van elke Jesus-mens kan slegs in God self raakgesien word.

4.       Die edelstene waarmee die fondamente van die Godstad gebou is, beteken wat?

5.       Hoekom sou jy dalk uitsien om op die goue strate te wandel?

6.       Dink aan die fondamente van jou lewe ...

7.       Gebed: Herbouer van my lewe, bou asseblief op die heel beste fondament ter wille van Uself.

Thursday, January 30, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 3 tot 8 Februarie 2014


Deurdink die tema “Die Godstad: perfekte ewige blyplek” aan die hand van die volgende gedagtes:

1.       Die stad se lengte, breedte en hoogte is dieselfde – sien die kubus-vorm.

2.       Salomo se tempel se allerheiligste: “Die binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog.” (1 Konings 6:20)

3.       Getal 12 000 = 12 verwys na die 12 stamme van Israel = die volk van God + die veelvoud van 10 wys op die volkomendheid daarvan.

4.       Die dik muur wys simbolies na die beskerming vir die inwoners, veral om die bose uit te hou.

5.       Jesus-mense het genoeg veilige blyplek vir altyd.

6.       Gebed: Perfekte Bouer, dankie vir die volmaakte huis wat ek vir U is.

Wednesday, January 22, 2014

Week 27 Januarie tot 1 Februarie 2014

Deo-Diep-Dink:

Deurdink die tema “Die Godstad: gebou met aantrekkingskrag” aan die hand van die volgende gedagtes:

1. Die baie poorte van die Godstad is nóú oop in alle windrigtings vir enige een om in te kom.

2. Die bouwerk aan die Godstad: “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” (Galasiërs 5:25)

3. Jy is baie aantreklik vir God omdat Hy jou deur sy Gees herbou volgens sy beeld.

4. Wat ons kan verwag: “... sal die Gees julle op ‘n splinternuwe manier laat leef.” (Romeine 8:10, Die Boodskap)

5. Wat sou jy graag wil hê dat die Gees in jou lewe moet verander?

6. Gebed: Herbouer in my lewe, dankie vir U puik Gees-werk in my!

Sunday, January 19, 2014

Deo-Diep-Dink: Week 20-25 Januarie 2014

Deurdink daagliks of soos jy graag wil, die volgende gedagtes met die oog op die tema: Die Godstad: versier vir Jesus:

  1. Die bruid is al die Jesus-mense, dus almal wat aan die kerk van Jesus Christus behoort.
  2. “Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.” (Openbaring 21:2b) 
  3. “God het haar vergun ... fyn klere (wat) die regverdige dade van die gelowiges is.” (Openbaring 19:8)
  4. “... ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” (Openbaring 21:9b)
  5. “Soos ‘n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.” (Jesaja 62:5b)
  6. Gebed: Inwonende Gees, trek my asseblief aan om mooi te lyk vir U.